Aspergersindroom

Aspergersindroom
Ander nameAspergers, Sukhareva se sindroom,[1] outistiese psigopatie[2]
Beperkte belangstellings of herhaalde gedrag, soos dié seun se belangstelling in 'n speelgoedmodel van 'n molekule, kan aanduidings van Aspergers wees.
SpesialiteitKliniese sielkunde, psigiatrie, pediatrie
SimptomeProbleme met sosiale interaksie, nieverbale kommunikasie, beperkte belangstellings, herhaalde gedrag[3]
KomplikasiesSosiale isolasie, probleme met indiensneming, familiestres, boeliegedrag, selfbesering[4]
Begin gewoonlik opVoor tweejarige ouderdom[3]
TydsduurLang termyn[3]
OorsakeNie goed verstaan nie[3]
Diagnostiese metodeGebaseer op die simptome[5]
MedikasieVir verwante toestande[6]
Frekwensie37,2 miljoen wêreldwyd (0,5%) (2015)[7]
Mediese waarskuwing

Aspergersindroom (afgekort: AS) is 'n steuring binne die outismespektrum. Dit word hoofsaaklik gekenmerk deur 'n verminderde vermoë om met ander mense te kommunikeer of om ander mense se nie-verbale seine raak te sien.

Daarnaas het die Aspergersindroomlyer meestal 'n eksentrieke persoonlikheid en motoriese probleme; hy het spesiale, meestal baie intense belangstellings, rigiede gedragspatrone en idees, onhandige gebruike en spesiale spraakgebruik. Hierdie persoonlikheid, met sy wyse taalgebruik, sonderlinge stokperdjies en onvermoë – of onwilligheid – om by groepe in te pas, word soms die "nerd-sindroom" genoem. Mense met Aspergersindroom beskik oor 'n normale of hoë intelligensie, 'n goeie tot baie goeie spraak- en skryfvermoë en is dikwels sterk analities aangelê.

Die meeste volwassenes met Aspergersindroom het geleer hoe om dit te hanteer. Die sindroom word 'n ontwikkelingsteuring genoem en nie 'n geestesteuring nie. Die ontwikkelingspsigoloog prof. Simon Baron-Cohen noem dit eerder 'n manier om inligting te verwerk en 'n tipe gedrag wat aansluit by 'n "uiters manlike brein".[8] Die meeste volwassenes leer om vriende te maak, werk te kry en gewone of suksesvolle lewens te lei. Persone wat aan die sindroom ly kan, na gelang van hul improvisasie- of nabootsingsvermoë, vir die buitewêreld die opvallende kenmerke van die sindroom wegsteek.

  1. Manouilenko I, Bejerot S (Augustus 2015). "Sukhareva – Prior to Asperger and Kanner". Nordic Journal of Psychiatry (Report) (published 31 Maart 2015). 69 (6): 479–82. doi:10.3109/08039488.2015.1005022. PMID 25826582. S2CID 207473133.
  2. World Health Organization (2016). "International Statistical Classification of Diseases and Related Health Problems 10th Revision (ICD-10): F84.5 Asperger syndrome". Besoek op 2 November 2018.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 "Autism Spectrum Disorder". National Institute of Mental Health. September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2016. Besoek op 12 Maart 2016.
  4. "Autism spectrum disorder – Symptoms and causes". Mayo Clinic. Besoek op 13 Julie 2019.
  5. "Autism Spectrum Disorders – Pediatrics". Merck Manuals Professional Edition. Besoek op 26 Januarie 2019.
  6. 6,0 6,1 National Institute of Neurological Disorders and Stroke (NINDS) (31 Julie 2007). "Asperger syndrome fact sheet". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2007. Besoek op 24 Augustus 2007. NIH Publication No. 05-5624.
  7. Vos T, Allen C, Arora M, Barber RM, Bhutta ZA, Brown A, et al. (GBD 2015 Disease and Injury Incidence and Prevalence Collaborators) (Oktober 2016). "Global, regional, and national incidence, prevalence, and years lived with disability for 310 diseases and injuries, 1990–2015: a systematic analysis for the Global Burden of Disease Study 2015". Lancet. 388 (10053): 1545–602. doi:10.1016/S0140-6736(16)31678-6. PMC 5055577. PMID 27733282.
  8. The Essential Difference: The Truth about the Male and Female Brain, Basic Books, UK, 2003, ISBN 978-0738208442

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy